blou | Wes-Europese Tyd (UTC+0) Wes-Europese Somertyd (UTC+1) |
ligblou | Wes-Europese Tyd (UTC+0) |
rooi | Middel-Europese Tyd (UTC+1) Middel-Europese Somertyd (UTC+2) |
geel | Oos-Europese Tyd / Kaliningrad-tyd (UTC+2) |
beige | Oos-Europese Tyd (UTC+2) Oos-Europese Somertyd (UTC+3) |
groen | Moskoutyd (UTC+3) |
Moskoutyd (Russies: моско́вское вре́мя) is die tydsone wat in die stad Moskou, Rusland, gebruik word, asook in die grootste deel van westelike Rusland, insluitend Sint Petersburg. Dit is die tweede verste westelike tydsone van die nege tydsones van Rusland. Dit is permanent vasgestel op UTC+3 op 26 Oktober 2014; voorheen was dit op UTC+4 vasgestel sedert 27 Maart 2011.
Moskoutyd word gebruik vir die skedulering van treine, skepe, ens. dwarsdeur Rusland, maar lugvervoer word geskeduleer volgens die plaaslike tyd.